Psalms 88:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lied, ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek; vir die musiekleier: op die wysie van “Máhalat leannot (Siekte van onderdrukking),” ’n onderwysing van Heman, die Ezrahiet. 2 יהוה, God van my verlossing, ek het dag en nag voor U uitgeroep.

2. Laat my gebed voor U kom, draai U oor tot my smeking,

3. want my lewe is vol moeilikhede en my lewe is naby Sh’ol.

4. Ek word gereken by hulle wat afgaan in die put; ek is soos ’n man sonder krag,

5. soos ’n edelman verlate tussen die dooies, soos die wat neergeslaan is, wat in die graf lê, vir wie U nie meer onthou nie; hulle is verlore vir U.

6. U het my in die diepste put neergelê, in duisternis, in die skadu van die dood.

7. U woede rus swaar op my en U het my neergedruk met al U golwe.

8. U het hulle wat my ken ver van my af verwyder, my vir hulle verwerplik gemaak; ek is toegesluit en kan nie uitkom nie.

9. My oë is verswak deur te huil. יהוה, ek het daagliks na U toe uitgeroep, ek het my hande uitgesteek na U toe.

Psalms 88