Psalms 86:15-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. maar U, o יהוה-God, is vol liefdevolle omgee en onverdiende guns, lankmoedig en oorvloedig in goedheid en waarheid.

16. Draai na my toe en bewys aan my onverdiende guns; gee krag aan U dienskneg en red die seun van U diensmaagd.

17. Wys aan my ’n teken ten goede sodat hulle wat my haat dit kan sien en beskaamd kan staan omdat U, o יהוה, my gehelp en vertroos het.

Psalms 86