Psalms 85:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Herstel ons en wek ons op sodat U volk hulleself in U kan verheug.

7. Wys ons U onverdiende guns, o יהוה en gee aan ons U verlossing!

8. Ek sal hoor wat יהוה, ons God, sal sê, want Hy sal vrede oor Sy volk en oor Sy afgesonderdes praat dat hulle nie weer tot dwaasheid sal draai nie!

9. Sy verlossing is sekerlik naby aan die wat Hom respekvol vrees, laat Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid in ons land bly.

Psalms 85