Psalms 83:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. G’val, `Ammon en `Amalek, P’leshet saam met die inwoners van Tzor.

8. Ashur het ook by hulle aangesluit; hulle help die seuns van Lot.Rig 4:7,17

9. Doen aan hulle soos aan Midyan, soos met Sisra en Yavin by die vallei van Kishon,

10. wat vernietig is by `Ein-dor; hulle het soos mis geword vir die grond.

11. Vernietig hulle edeles, soos `Orev en Ze’ev; ja al hulle prinse soos Zevag en Tzalmuna,

12. want hulle het gesê: “Laat ons die stad van God vir onsself erf!

13. O, my God, maak hulle soos ’n draaiende wiel en soos stoppels voor die wind.

Psalms 83