Psalms 8:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Tog het U hom ’n klein bietjie minder gemaak as die engele en hom met eer, lof en majesteit aangetrek.Efe 1:22

6. U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gesit:

7. alle skape en beeste en ook die diere van die veld,

8. die voëls van die lug en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.

9. O יהוה, ons יהוה, hoe majestueus is U Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde!

Psalms 8