Psalms 77:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Het God vergeet om goedgunstig te wees? Het Hy Sy liefdevolle omgee toegesluit in Sy woede?”

10. Ek het ook gesê: “Dit is my kranklikheid; dit is nog ’n besoek van die krag van die Allerhoogste!”

11. Ek sal die dade van Yah onthou; ek sal sekerlik die wonders van ouds onthou.

12. Ek sal ook al U werk oordink en dink aan U bekwame dade.

13. U werkswyse is afgesonderd, o God; daar is niemand so groot soos ons God nie.

14. U is die God wat wonders doen; U het U sterkte onder die mense verklaar.

15. U het U volk met U arm verlos, die seuns van Ya’akov en van Yosef.

16. Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien; hulle was bang en die dieptes was ook omgekrap.

17. Die wolke het water uitgegiet, die hemele het ’n klank laat hoor; U pyle het rondgevlieg.

Psalms 77