14. U is die God wat wonders doen; U het U sterkte onder die mense verklaar.
15. U het U volk met U arm verlos, die seuns van Ya’akov en van Yosef.
16. Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien; hulle was bang en die dieptes was ook omgekrap.
17. Die wolke het water uitgegiet, die hemele het ’n klank laat hoor; U pyle het rondgevlieg.
18. Die stem van U donder was in die hemele; die weerligstrale het die wêreld verlig; die aarde het gebewe en geskud.
19. U manier van doen is in die see en U pad is in die groot waters, maar U voetspore word nie gesien nie.
20. U het U volk soos skape gelei deur die hand van Moshe en Aharon.