Psalms 77:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. U werkswyse is afgesonderd, o God; daar is niemand so groot soos ons God nie.

14. U is die God wat wonders doen; U het U sterkte onder die mense verklaar.

15. U het U volk met U arm verlos, die seuns van Ya’akov en van Yosef.

16. Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien; hulle was bang en die dieptes was ook omgekrap.

17. Die wolke het water uitgegiet, die hemele het ’n klank laat hoor; U pyle het rondgevlieg.

Psalms 77