Psalms 77:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: op die wysie van “Y’dutun (’n Lofgedig),” ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 Ek het uitgeroep tot God met my stem en Hy hoor my; ek het my stem tot Hom toe opgelig en Hy antwoord my.

2. Op die dag van my moeilikheid het ek na יהוה gesoek; my foltering het deur die nag aangehou en nie opgehou nie; daar was geen trooster vir my lewe nie.

3. Toe ek onthou het, o God, was ek omgekrap; ek het dit deurdink en my gees was oorweldig.

4. My oë is verdof; ek is stom sodat ek nie kan praat nie.

Psalms 77