Psalms 73:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hulle sal sê: “Hoe weet God en is daar kennis in die Allerhoogste?”

12. Let op, hierdie is die bose mense, wat voorspoedig is in die wêreld; hulle vermeerder in rykdom.

13. Wat my betref, ek het my verstand, wil en emosie gereinig en my hande in onskuld gewas.

14. Tog is ek die hele dag gepla en elke oggend getugtig.

15. As ek sou sê: “Ek sal soos hulle doen,” is dit vir my sonde!

16. Toe ek daaraan gedink het om dit te verstaan, was dit te pynlik vir my

17. totdat ek in die Afgesonderde Plek van God ingegaan het, toe het ek hulle einde verstaan.

18. U het hulle deel aangestel volgens hulle misleiding; U het hulle neergegooi toe hulle hulself opgelig het.

19. Hoe word hulle nie in ’n oomblik in verlatenheid gebring nie. Hulle word heeltemal verteer deur verskrikkinge!

20. Soos een wat wakker word uit ’n droom, o יהוה, so sal U hulle afgodery verag!

21. So was my verstand, wil en emosie gegrief en my gewete het my gepla.

Psalms 73