Psalms 72:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hy sal afkom soos reën op gesnyde gras, soos buie wat die aarde water gee.

7. Gedurende Sy dae sal die regverdige floreer in oorvloed van vrede, solank die maan volhou.

8. Hy sal ook heerskappy hê vanaf see tot see en vanaf die Rivier (Eufraat) tot by die eindes van die aarde.

9. Hulle wat op die eiland bly sal voor hom buig en sy vyande sal stof lek.

Psalms 72