Psalms 72:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die konings van Tarshish en van die eilande sal geskenke bring; die konings van Sh’va en S’va sal geskenke aanbied.

11. Ja, al die konings sal voor hom neerval, al die nasies sal hom dien,

12. want hy sal die behoeftige red van die magtiges; ook die armes wat geen helper het nie.

13. Hy sal die armes en behoeftiges spaar en die lewe van die behoeftiges red.

14. Hy sal hulle lewens loskoop van misleiding en geweld; hulle bloed is kosbaar in sy oë

15. en hy sal lewe, van die goud van Sh’va sal aan hom gegee word, daar sal voortdurend vir hom gebid word en hy sal daagliks geseën word!

Psalms 72