Psalms 68:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. O God, toe U wel uitgetrek het voor U volk, toe U wel deur die wildernis marsjeer het,

8. het die aarde geskud en die hemele neergebuig voor die Teenwoordigheid van God; selfs Sinai self is beweeg voor die Teenwoordigheid van God, die God van Yisra’el!

9. U, o God, het ’n oorvloedige reën gestuur waardeur U U erfenis bevestig het toe dit moeg was.

10. U lewende wesens het daarin gewoon; U, o God, het deur U goedheid vir die armes voorsien!

Psalms 68