Psalms 60:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier op die wysie van “Die Lelie van die Getuienis:” ’n onderriggewende gedig van Dawid, 2 toe hy oorlog gevoer het teen Aram-Naharayim (die Arameërs van Mesopotámië) en Aram-Tzovah (die Arameërs van Tzovah) en Yo’av teruggekom en twaalf duisend Edomiete verslaan het in die Soutvallei.

2. O God, U het ons verlaat, ons verstrooi; U was ontevrede met ons; o, draai Uself weer om na ons toe!

3. U het die aarde laat bewe, dit oopgekloof; genees sy breuke, want dit is verswak!

4. U het aan U volk harde dinge gewys; U het ons die afsaksels van die wyn laat drink.

Psalms 60