Psalms 59:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Bevry my van die werkers van boosheid en verlos my van bloeddorstige manne,

3. want let op, hulle lê en wag vir my lewe; hulle het boosheid teen my vermenigvuldig, nie omdat ek gesondig of oortree het nie, o יהוה!

4. Hulle hardloop en berei hulle voor teen my sonder om te oorweeg of ek fouteer het!

5. Ontwaak om my te help en let op, יהוה-God van die leërmagte, die God van Yisra’el, ontwaak om al die nasies te besoek en spaar geen wetsoortreder nie!

6. Hulle kom terug teen die aand; hulle maak geluide soos honde en dwaal rond deur die stad.

7. Let op, hulle smaal met hul monde; swaarde is op hulle lippe, want ‘wie,’ sê hulle, ‘gee om?’

8. U, o יהוה, sal egter vir hulle lag; U sal spot met al die nasies.

9. Tot U sal ek lofprysing gee, o God, want U is my Verdediging.

10. O God, U liefdevolle goedheid het voor my uitgegaan; God het my laat lewe om wraak op my vyande te sien.

Psalms 59