Psalms 58:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Laat hulle verwerp word soos water wat vuil is; laat God Sy pyle skiet totdat die bose vernietig is.Yog 1:4-10

8. Soos die was wat smelt en voor die vuur drup, laat hulle vernietig wees; vuur het vanaf die hemel geval en hulle het dit nie gesien nie; die Lig van waarheid is gegee en hulle het nie verstaan nie.

9. Laat hulle dorings vermeerder en vrees vir wraak, hulle met geweld skud.

10. Die onpartydige en opregte sal hom verheug wanneer hy die wraak sien; hy sal sy hande was in die bloed van die bose

11. sodat die mense sal sê: “Verseker is daar vrug vir die onpartydige en opregte; verseker is daar ’n God wat op die aarde oordeel!

Psalms 58