Psalms 5:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want U is nie ’n God wat plesier put uit boosheid nie; geen wetsoortreders sal by U bly nie.Heb 1:9

5. Die grootpraters sal nie voor U oë staande bly nie; U haat almal wat wetsoortreders is.

6. U vernietig dié wat valsheid praat; יהוה verag die man van bloedvergieting en misleiding.

7. Wat my betref, deur U oorvloedige liefdevolle goedheid sal ek U huis ingaan, by U afgesonderde tempel sal ek neerbuig in respekvolle vrees vir U.

8. יהוה, lei my in U onpartydige opregtheid en as gevolg van my vyande, maak U pad reguit voor my.Rom 3:13

Psalms 5