Psalms 5:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; met blaasinstrumente: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. O יהוה, gee gehoor aan my woorde, oorweeg my klagtes.

2. Luister na die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

3. In die oggend, יהוה, sal U my stem hoor; in die oggend sal ek dit aan U voorlê en wag,

4. want U is nie ’n God wat plesier put uit boosheid nie; geen wetsoortreders sal by U bly nie.Heb 1:9

5. Die grootpraters sal nie voor U oë staande bly nie; U haat almal wat wetsoortreders is.

6. U vernietig dié wat valsheid praat; יהוה verag die man van bloedvergieting en misleiding.

Psalms 5