8. Tog sal יהוה Sy liefdevolle goedheid in die dag beveel en in die nag sal Sy lied by my wees, ’n gebed tot die Lewende God.
9. Ek sal vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom gaan ek in rou deur my vyande se onderdrukking?
10. Wanneer my gebeentes gebreek word, spot my teëstanders met my terwyl hulle elke dag vir my sê: “Waar is jou God?”
11. Waarom is jy omgekrap, o my lewe en hoekom is jy verwilderd? Behou versekerde verwagting in God, want ek sal Hom steeds loof en dank met uitgestrekte hande, my God en die Redder van my eer!