Psalms 41:9-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Selfs die man wat my besoek, in wie ek vertrou het, wat my brood eet, het sy hakskeen teen my opgelig,

10. maar U, o יהוה, gee my onverdiende guns en genees my sodat ek hulle mag terugbetaal!

11. Hieraan weet ek dat U tevrede is met my: dat my vyande nie oor my juig nie.

12. U hou my in my integriteit omhoog en sit my in U Teenwoordigheid vir ewig.Luk 1:68

13. Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, vanaf ewigheid tot in ewigheid! Dit is ’n ewige waarheid.Yo’el 1:20

Psalms 41