7. Toe het ek gesê: “Let op, ek kom; in die deel van die boekrolle is dit van my geskryf.Heb 10:7 U wet is binne-in my verstand, wil en emosie.”Ps 37:31; Yes 51:7
8. O my God, ek verheug my daarin om U wil te doen;
9. Ek het U onpartydige opregtheid in die groot vergadering verkondig; let op, ek het nie my lippe bedwing nie, יהוה, U weet dit.
10. U onpartydige opregtheid het ek nie in my verstand weggesteek nie; ek het U betroubaarheid en U verlossing verkondig; ek het nie U liefdevolle goedheid en U waarheid vir die groot vergadering weggesteek nie.
11. Weerhou nie U liefdevolle omgee van my nie, o יהוה; laat U liefdevolle goedheid en waarheid my voortdurend bewaar,
12. want ontelbare booshede het my omring; my wetsoortredinge het my ingehaal sodat ek nie kan opkyk nie; hulle is meer as die hare op my kop en my hart faal in my.
13. יהוה, wees bly om my te red; o יהוה, gaan voort om my te help!
14. Laat hulle wat my lewe soek, om dit te vernietig, beskaamd staan en verneder word; laat hulle wat boosheid oor my begeer teruggedryf word en tot skande kom.
15. Laat hulle wat vir my sê: “Ha, ha!” omvergewerp word vir hulle verwerplike optrede!
16. Laat almal wat U soek, hulle verheug en in U vrolik wees; laat dié wat U verlossing liefhet altyd deur sê: “Groot is יהוה!”
17. Ek is egter geteister en behoeftig; o יהוה hulle het teen my saamgesweer; U is my Hulp en my Redder; my God, moenie uitstel nie!