Psalms 40:5-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Baie wonderwerkende dade het U vir ons gedoen, יהוה, my God en vir ons omgegee; ek het verklaar dat daar te veel is om te tel. Daar is niemand soos U nie.Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Hos 6:6; Mat 9:13; Mat 12:7

6. U het nie offers of spysoffers begeer nie; wat my betref, ek het nou begrip; brandoffer en sondoffer het U nie vereis nie.

7. Toe het ek gesê: “Let op, ek kom; in die deel van die boekrolle is dit van my geskryf.Heb 10:7 U wet is binne-in my verstand, wil en emosie.”Ps 37:31; Yes 51:7

8. O my God, ek verheug my daarin om U wil te doen;

9. Ek het U onpartydige opregtheid in die groot vergadering verkondig; let op, ek het nie my lippe bedwing nie, יהוה, U weet dit.

10. U onpartydige opregtheid het ek nie in my verstand weggesteek nie; ek het U betroubaarheid en U verlossing verkondig; ek het nie U liefdevolle goedheid en U waarheid vir die groot vergadering weggesteek nie.

11. Weerhou nie U liefdevolle omgee van my nie, o יהוה; laat U liefdevolle goedheid en waarheid my voortdurend bewaar,

12. want ontelbare booshede het my omring; my wetsoortredinge het my ingehaal sodat ek nie kan opkyk nie; hulle is meer as die hare op my kop en my hart faal in my.

13. יהוה, wees bly om my te red; o יהוה, gaan voort om my te help!

14. Laat hulle wat my lewe soek, om dit te vernietig, beskaamd staan en verneder word; laat hulle wat boosheid oor my begeer teruggedryf word en tot skande kom.

15. Laat hulle wat vir my sê: “Ha, ha!” omvergewerp word vir hulle verwerplike optrede!

16. Laat almal wat U soek, hulle verheug en in U vrolik wees; laat dié wat U verlossing liefhet altyd deur sê: “Groot is יהוה!”

17. Ek is egter geteister en behoeftig; o יהוה hulle het teen my saamgesweer; U is my Hulp en my Redder; my God, moenie uitstel nie!

Psalms 40