Psalms 37:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Vertrou jou pad aan יהוה toe en vertrou Hom en Hy sal dit uitvoer.

6. Hy sal jou onpartydige opregtheid laat uitkom soos die lig en jou regverdige oordeel soos die middag.

7. Rus in יהוה en wag geduldig op Hom; wees nie afgunstig op hom wat boosheid doen en voorspoedig is in sy lewe nie.

8. Hou op kwaad word en los die toorn; moenie jou opwerk, wat lei tot boosheid nie,

9. want die boosdoeners sal afgesny word, maar dié wat op יהוה vertrou, hulle sal die aarde erf.

Psalms 37