3. Die woorde van sy mond is onregverdigheid en bedrog; hy is onwillig om goed te doen.
4. Hy beplan oortreding van die wet op sy bed; hy loop op ’n pad wat nie goed is nie en verag nie die boosheid nie.
5. O יהוה, U goedheid strek tot in die hemele, U getrouheid tot in die ruimte.
6. U onpartydige opregtheid is soos die berge van God; U oordele is soos ’n groot diepte. יהוה, U bewaar mens en dier!
7. Hoe kosbaar is U liefdevolle goedheid, o God; daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van U vlerke.
8. Hulle floreer in die oorvloed van U huis en U sal hulle laat drink van die aangename waters uit U fontein,Open 21:6 in U Lig sien ons lig.
9. want by U is die fontein van lewe;
10. Laat U liefdevolle goedheid voortduur vir dié wat U ken en U onpartydige opregtheid vir die opregtes van verstand, wil en emosie.