Psalms 35:8-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Laat verwoesting onverwags oor hulle kom en laat sy net, wat hy gespan het, hom vang; laat hulle val in dieselfde put wat hulle gegrawe het!

9. My lewe sal in die rondte swaai van vreugde in יהוה, dit sal vreugdevol wees in Sy verlossing.

10. Al my beendere sal sê: “יהוה, wie is soos U? Wie red die geteisterde van hulle wat sterker is as hy; ja, die geteisterde en behoeftige van hom wat sy eiendom met geweld wegvat!”

Psalms 35