7. want sonder rede het hulle ’n put vir my gegrawe en ’n net teen my lewe gespan.
8. Laat verwoesting onverwags oor hulle kom en laat sy net, wat hy gespan het, hom vang; laat hulle val in dieselfde put wat hulle gegrawe het!
9. My lewe sal in die rondte swaai van vreugde in יהוה, dit sal vreugdevol wees in Sy verlossing.
10. Al my beendere sal sê: “יהוה, wie is soos U? Wie red die geteisterde van hulle wat sterker is as hy; ja, die geteisterde en behoeftige van hom wat sy eiendom met geweld wegvat!”
11. Valse getuies staan op, hulle kla my aan van dinge wat ek nie weet nie.
12. Hulle betaal my kwaad vir goed terug en vernietig my reputasie voor mense,
13. maar ek, toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my lewe nederig gemaak deur vas en my gebed het aangehou terugkeer na my binneste.
14. Ek het my gedra asof hulle my vriende of broers is; ek het laag neergebuig soos een ellendig in diepe rou,
15. maar toe ek struikel, het hulle bymekaargekom en hulle verheug; hulle het vir ’n lang tyd teen my bymekaargekom en ek het dit nie geweet nie.
16. Met hulle grootpratery en spot kners hulle die tande teen my.
17. יהוה, hoe lank sal dit aanhou? Red my lewe van hulle vernietiginge, my absoluut enigste een van die leeus.
18. Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande in die groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U helder en duidelik loof.Yog 15:25 hulle knip die oë kwaadwillig,Spr 6:13
19. Laat my vyande hulle nie oor my verheug nie; ook nie dié wat my sonder rede haat nie;
20. want hulle praat nie van vrede nie, maar hulle bedink misleidende woorde teen dié wat stil is in die land.
21. Hulle maak hul mond groot oop teen my. Hulle het gesê: “Aha, aha, ons oog het dit gesien!”
22. U het dit gesien, oיהוה, moenie stilbly nie. יהוה, wees nie ver van my af nie!
23. Ontwaak en staan op vir my regverdige oordeel; sien my lyding, my God en my Meester, יהוה.
24. Oordeel oor my volgens U regverdigheid, יהוה, my God en laat hulle hul nie oor my verheug nie!