Psalms 30:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig met instrumentale musiek; ’n lied by die inwyding van die huis van Dawid. 2 Ek sal U hoog oplig, יהוה, want U het my opgetrek en nie my vyande hul oor my laat verheug nie.

2. יהוה, my God, ek het uitgeroep na U toe en U het my gesond gemaak.

3. יהוה, U het my lewe uit Sh’ol laat opkom; U het my gered sodat ek nie saam met hulle in die put afgaan nie.

4. Sing en maak musiek tot יהוה, o julle afgesonderdes van Hom; loof en dank Hom met uitgestrekte hande by die onthou van Sy Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit),

5. want daar is teregwysing in Sy woede en lewe in Sy aanvaarding; gehuil mag duur vir die nag, maar blydskap kom in die oggend.

6. Ek het in my sekuriteit gesê: “Ek sal nooit wankel nie.”

Psalms 30