Psalms 29:8-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Die stem van יהוה skud die wildernis; יהוה skud die wildernis van Kadesh.

9. Die stem van יהוה laat die takbokke lam en stroop die woude kaal; in Sy tempel praat elkeen van Sy lof, eer en aanbidding!

10. יהוה beheer die vloed; ja, יהוה sit as Koning vir ewig.

11. יהוה sal krag aan Sy volk gee, יהוה sal Sy volk seën met vrede, gesondheid, vreugde, voorspoed en vergenoegdheid.

Psalms 29