1. Van Dawid. יהוה is my Lig en my Verlossing; vir wie sou ek vrees? יהוה is die Verdediger van my lewe; vir wie sou ek bang wees?
2. As boosdoeners teen my kom om my te verteer, my teëstanders en my vyande, struikel hulle en val.
3. Al slaan ’n leërmag kamp op teen my, my binneste sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, sal ek daarin verseker wees.