Psalms 25:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Van Dawid. Tot U, o יהוה, lig ek my lewe op.

2. My God, in U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande nie oor my triomfeer nie.

3. Ja, almal wat in U vertrou, sal nie beskaamd staan nie; laat die bose beskaamd staan met hulle nietighede.

4. Wys my U manier van doen, o יהוה; leer my U paaie.

5. Lei my in U waarheid en leer my, want U is my God en My Verlosser. Op U wag ek die hele dag.

Psalms 25