Psalms 22:18-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. My gebeentes is pynlik seer; hulle kyk en staar na my!Mat 27:35; Yog 19:23,24

19. Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my kleed,

20. maar U, יהוה, wees nie ver van my nie; o God, my Hulp, hou aan om my te help!

21. Red my lewe van die swaard, my uniek enigste uit die hand van die geweldenaar.

22. Verlos my uit die bek van die leeu, my swakheid uit die hand van die gierigeHeb 2:12

23. sodat ek U Naam (Karakter en Outoriteit) aan my broers kan verkondig. In die middel van die vergadering sal ek U helder en duidelik prys.

24. Julle wat יהוה respekvol vrees, prys Hom helder en duidelik! Al julle nakomelinge van Ya’akov, eer Hom; vrees Hom respekvol, al die nakomelinge van Yisra’el,

25. want Hy het nie die teistering van die geteisterde verag of verfoei en Sy gesig nie vir hom verberg nie, maar Hy het gehoor en geluister toe dié na Hom geroep het.

26. Vanaf U kom my lofprysing in die groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in die teenwoordigheid van dié wat Hom respekvol vrees.

27. Die geteisterdes sal eet en versadig word; húlle wat Hom soek sal יהוה helder en duidelik loof. Mag julle verstand, wil en emosie vir ewig lewe!

28. Al die eindes van die aarde sal onthou en na יהוה toe draai en al die families van die nasies sal voor U Teenwoordigheid neerbuig,

29. want die Koninkryk behoort aan יהוה en Hy heers oor die nasies.

30. Almal wat honger is op die aarde sal eet en neerbuig voor יהוה; almal wat begrawe is sal neerbuig voor Hom; niemand kan uit homself lewe nie.

31. ’n Nageslag sal Hom dien en hul nageslag sal יהוה verkondig; (32) hulle sal kom en Sy regverdigheid verkondig aan ’n volk wat gebore sal word en vertel van dit wat יהוה gedoen het.Yog 10:11 ek sal niks nodig hê nie.

Psalms 22