Psalms 22:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hulle monde gryns teen my soos ’n verskeurende en brullende leeu.Mat 27:27-31 al my beendere is uit lid uit; my binneste is soos was, dit is gesmelt binne-in my.

15. Ek word uitgegooi soos water;

16. My krag is verdroog soos ’n potskerf en my tong kleef aan my verhemelte en U gooi my neer in die stof van die dood,Open 22:15 hulle het my hande en my voete deurboor.Yog 20:25

17. want honde het my omsingel; ’n bende boosdoeners het my omring;Luk 23:35

18. My gebeentes is pynlik seer; hulle kyk en staar na my!Mat 27:35; Yog 19:23,24

19. Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my kleed,

Psalms 22