Psalms 21:3-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want U seën hom met goeie dinge; U sit ’n kosbare kroon op sy kop.

4. Hy het van U lewe gevra, U het dit vir hom gegee; lengte van dae, vir ewig en ewig.

5. Sy lof en eer is groot deur U verlossing; prag en praal en majesteit het U op hom gelê,

6. want U maak hom vir ewig mees geseënd; U maak hom in U Teenwoordigheid met vreugde bly,

7. want die koning vertrou in יהוה en deur die liefdevolle goedheid van die Allerhoogste sal hy nie geskud word nie.

8. U hand sal al U vyande oormeester; U regterhand almal wat U haat.

9. U sal hulle maak soos ’n vurige oond in die tyd van U woede; יהוה sal hulle verslind in Sy toorn en vuur sal hulle verteer.

10. U sal hulle vrug van die aarde af vernietig en hulle nageslag vanuit die seuns van die mens,

11. want hulle het boosheid teen U beplan; hulle het ’n listige plan beraam wat hulle nie in staat is om uit te voer nie,

12. want U sal hulle dwing om te vlug; met U boogsnare sal U mik na hulle gesigte.

13. Wees verhoog in U sterkte, o יהוה; ons wil sing en musiek maak oor U oorwinningskrag!

Psalms 21