Psalms 2:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Waarom is die nasies in opstand en beplan die volke nuttelose dinge?Hand 4:26

2. Die konings van die aarde het standpunt ingeneem en die heersers hou saam raad teen יהוה en teen Sy Gesalfde en sê:

3. “Laat ons Hulle bande stukkend skeur en Hulle toue van ons af weggooi!”

4. Hy wat in die hemele sit, lag; יהוה spot met hulle.

5. Dan sal Hy met hulle praat in Sy woede en hulle beangs maak in Sy toorn en sê:Yeg 37:22

6. “Ek het My Koning aangestel op Tziyon, My afgesonderde berg,”Mar 1:11; Luk 3:22; Hand 13:33; Heb 1:5; Heb 5:5

7. “om My belofte te verklaar. יהוה het vir My gesê: ‘Jy is My Seun, vandag het Ek geboorte gegee aan jou.Heb 1:2

8. Vra van My en Ek sal sekerlik die nasies gee as Jou erfenis en die eindes van die aarde as Jou besitting.Open 2:27; Open 19:15 Jy sal hulle stukkend slaan soos erdeware.’”

9. Jy sal hulle vernietig met ’n ysterstaf,

Psalms 2