Psalms 17:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gebed van Dawid. Hoor en luister na ’n regverdige saak, oיהוה, let op na my uitroep; hoor en luister na my gebed wat met onbedrieglike lippe kom.

2. Laat my regverdige oordeel kom vanaf U Teenwoordigheid; laat U oë regverdig kyk.

3. U het my verstand, wil en emosie getoets, my in die nag besoek, U het my getoets en niks onregverdigs in my gevind nie. Niks het uit my mond gekom wat

4. volgens die misleidende dade van die mens is nie. Ek het deur die boodskap van U lippe die paaie van die geweldenaar vermy.

5. U het my treë vasgehou in U spore sodat my voete nie gegly het nie.

6. Ek het na U geroep, want U sal my antwoord, o God! Draai U oor na my, hoor en luister na my woord!

7. Maak U Afgesonderde Een ’n Wonder en Verlosser vir dié wat vertrou en laat Hom oorwin oor hulle wat teen U regterhand opstaan!

8. Bewaar my soos ’n oogappel; beskerm my onder die skaduwee van U vlerke

9. teen die wetsoortreder wat my plunder, die vyande van my lewe wat my omring.

10. Hulle het hul gevoellose verstand, wil en emosie toegesluit; met hul mond praat hulle hoogmoedig.

11. Hulle het my geloof en nou omsingel hulle my; hulle het besluit om my in die grond te begrawe.

12. Hulle is soos ’n leeu wat begerig is om te verskeur en soos ’n jong leeu wat in wegkruipplekke skuil.

Psalms 17