Psalms 15:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, wie mag bly in U tent? Wie mag woon op U afgesonderde berg?

2. Hy wat met integriteit loop, onpartydige opregtheid doen en wat die waarheid praat in sy verstand, wil en emosie.

3. Hy skinder nie met sy tong nie en doen geen boosheid teenoor sy naaste of aanvaar geen omkoopgeskenk van sy vriend nie;

Psalms 15