Psalms 147:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Vereer יהוה met uitgestrekte hande, sing en maak musiek met die harp tot ons God,

8. wat die hemele met wolke bedek, wat reën gee op die aarde, wat die gras laat groei op die berge,

9. wat kos gee aan die beeste en aan die jong rawe wat uitroep.

10. Hy het geen plesier in die krag van die perd, geen plesier in die bene van ’n magtige man nie.

11. יהוה het plesier in hom wat Hom respekvol vrees, in hom met ’n versekerde verwagting op Sy goedheid.

Psalms 147