Psalms 147:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. יהוה het plesier in hom wat Hom respekvol vrees, in hom met ’n versekerde verwagting op Sy goedheid.

12. Loof יהוה hardop, o Yerushalayim! Loof jou God helder en duidelik, o Tziyon,

13. want Hy het die balke van jou poorte versterk; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

14. Hy gee vrede binne jou grense en vul jou met die beste van die koring.

15. Hy stuur Sy opdrag oor die aarde, Sy boodskap hardloop baie vinnig.

16. Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi die ryp soos as.

17. Hy gooi Sy ys uit soos stukkies, wie kan voor Sy koue staan?

18. Hy stuur Sy boodskap uit en laat hulle smelt; Hy laat Sy wind waai en die waters vloei.

19. Hy verklaar Sy boodskap aan Ya’akov, Sy instellings en oordele aan Yisra’el.Rom 3:2 Loof Yah helder en duidelik!!

20. Hy het nie so met al die nasies gedoen nie en Sy oordele nie aan hulle bekend gemaak nie.

Psalms 147