Psalms 145:8-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. יהוה is vol onverdiende guns en liefdevolle omgee, stadig om kwaad te word en vol goedheid.

9. יהוה is vir almal goed en Sy liefdevolle omgee is oor al Sy diensknegte.

10. Al U diensknegte sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה en U afgesonderdes sal U seën.

11. Hulle sal praat van die grootheid van U koninkryk en praat van U krag,

12. om aan die seuns van die mens U mag bekend te maak en die wonderlike majesteit van U koninkryk.

Psalms 145