Psalms 143:9-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Bevry my van my vyande, o יהוה en leer my om U wil te doen,

10. want U is my God, U sagte Gees sal my lei op die pad van die lewe.

11. Vertroos my, o יהוה, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil; lei my lewe uit die moeilikheid ter wille van U onpartydige opregtheid

12. en maak die wat my haat stil deur U goedheid en vernietig al die vyande van my lewe, want ek is U dienskneg.

Psalms 143