Psalms 143:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Luister en hoor my gebed, o יהוה; draai U oor na my smekinge; antwoord my in U eie woorde en in U onpartydige opregtheidRom 3:20

2. en laat U dienskneg nie voor die oordeel gebring word nie, want niemand wat leef, is voor U aangesig regverdig nie,

3. want die vyand het my lewe vervolg; hy het my lewe teen die grond neergegooi; hy het my in duisternis laat lewe soos hulle wat lankal dood is;

4. daarom is my gees oorweldig in my, my verstand, wil en emosie binne-in my is omgekrap.

Psalms 143