9. Laat die boosheid van hulle lippe hulle oordek.
10. Laat brandende kole op hulle val; laat hulle in die vuur val sodat hulle nie weer opstaan nie!
11. Laat sprekers van boosheid nie op die aarde bevestig word nie; boosheid sal die man van geweld jaag om hom te vernietig.
12. Ek weet dat יהוה die saak van die onderdrukte sal verdedig en die reg van die behoeftiges.
13. Sekerlik sal die regverdiges U Naam (Karakter en Outoriteit) loof met uitgestrekte hande, die opregtes sal in U Teenwoordigheid leef.