Psalms 140:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. wat bose dinge in hulle verstand, wil en emosie uitdink, wat aanhoudend stryd opwek.Rom 3:13 gif van ’n adder is onder hulle lippe.

3. Hulle het hul tonge skerp gemaak soos ’n slang;

4. Hou my, יהוה, uit die hande van die bose; beskerm my teen manne van geweld wat beplan om my vooruitgang te stop.

5. Trotsaards het vir my ’n strik weggesteek; die toue van hulle net oor my paaie gespan; hulle het strikke vir my gestel.

6. Ek het vir יהוה gesê: “U is my God; hoor die stem van my smekinge, o יהוה.

7. יהוה, Meester, my kragtige Verlosser, U is die Skild oor my kop in die dag van die geveg!

8. יהוה, gee tog nie die begeertes van die bose nie; bevorder nie hulle listige planne nie, laat hulle nie hul doel bereik nie.

9. Laat die boosheid van hulle lippe hulle oordek.

Psalms 140