Psalms 138:6-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Alhoewel יהוה verhewe is, sien Hy nogtans die wat laag neergebuig is, maar die trotse ken Hy van ver.

7. Alhoewel ek te midde van moeilikheid loop, sal U my red; U sal U hand uitsteek teen die woede van my vyande en U regterhand sal my verlos.

8. O יהוה, voltooi dit vir my! U goedheid, o יהוה, duur vir ewig; moenie die werke van U eie hande laat staan nie!

Psalms 138