Psalms 138:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Ek sal U met uitgestrekte hande loof met my hele verstand, wil en emosie; ek sal voor die konings sing en musiek maak tot U.

2. Ek sal op my gesig neerval in U afgesonderde tempel en U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande loof vir U liefdevolle goedheid en vir U waarheid, want U het U volle boodskap bo U Naam (Karakter en Outoriteit) opgelig.

3. Op die dag dat ek uitgeroep het na U, het U my geantwoord en die krag van my lewe verhoog.

4. Al die konings van die aarde sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה, want hulle het die woorde van U mond gehoor en daarna geluister;

5. ja, hulle sal die lewenswyses van יהוה besing, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה is groot.

Psalms 138