Psalms 136:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. die maan en sterre om te heers oor die nag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

10. Hy wat die eersgeborenes van die Mitzrayiete getref het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

11. Yisra’el tussen hulle uit gebring het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

12. met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

13. Hy wat die Sufsee in dele verdeel het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig

14. en Yisra’el deur dit laat gaan het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig,

15. maar Farao en sy leër in die Sufsee oorwin het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.

16. Aan Hom wat Sy volk deur die wildernis gelei het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

17. aan Hom wat groot konings verslaan het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig

Psalms 136