3. Jou vrou sal wees soos ’n vrugbare wingerdstok in jou huis; jou seuns soos olyfboompies rondom jou tafel.
4. Let op, so sal die man wat יהוה respekvol vrees, geseën word.
5. יהוה sal jou seën vanuit Tziyon en jy sal die goeie van Yerushalayim sien, al die dae van jou lewe!
6. Ja, jy sal jou kinders se kinders en vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid oor Yisra’el sien!