Psalms 125:3-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. want die lat van die bose sal nie rus op die toegestaande gedeelte van die regverdiges nie; net so sal die regverdiges nie hulle hande uitsteek na boosheid nie.

4. Doen goed, o יהוה, aan die wat goed en opreg in hulle verstand, wil en emosie is.

5. Dié wat op hulle verdraaide paaie leef, sal יהוה verstrooi saam met die werkers van sinnelose boosheid, maar vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid sal oor Yisra’el wees!

Psalms 125