Psalms 122:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want daar is trone van oordeel opgestel, die trone van die huis van Dawid.

6. Bid vir die vrede van Yerushalayim; hulle wat jou liefhet, sal voorspoedig wees!

7. Mag vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid binne jou mure wees en veiligheid binne jou paleise!

8. Ter wille van my broers en my vriende sal ek nou sê: “Vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid in jou!”

9. Ter wille van die huis van יהוה, ons God, sal ek soek wat goed is vir jou.

Psalms 122