Psalms 121:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Let op, die Bewaarder van Yisra’el sal nie sluimer of slaap nie.

5. יהוה is jou Bewaarder; יהוה sal jou beskerm met Sy regterhand.

6. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie in die nag nie.

7. יהוה sal jou bewaar van alle boosheid, Hy sal jou lewe bewaar.

8. יהוה sal jou uitgaan en jou ingaan bewaar, van nou af aan vir ewig.

Psalms 121